Wonderboom
by
Botha, Lien
Magriet Vos moet vlug. Uit die strik van Wes-Kaapse tiran Albino X, en van die geheueverlies wat elke dag nóg iets by haar steel. Magriet moet wederregtelik die agterpaaie vat en by familie in die noorde uitkom – voor sy vergeet wie sy is. Slegs flardes ou dagboekinskrywings en ander verdowwende flenters geheue bly oor om haar te help. Wonderboom gaan oor ’n oorlewingsreis: om Suid-Afrika te oorleef en om die strikke – en verliese – van ’n mens se eie geskiedenis te oorleef.
Pieksel
by
Viljoen, Fanie
Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly?"--Publisher's website.
NMU Library Website Connect with us on: FaceBook YouTube